Liggame van twee Hamas-slagoffers in Gaza herwinJune 5, 2025

Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê die liggame van twee Israeli-Amerikaners wat in die Hamas aanval op 7 Oktober 2023 dood is, is uit Gaza aan Israel terugbesorg. Hy het hulle geïdentifiseer as Judy Weinstein Haggai en Gad Haggai. Volgens ‘n gesamentlike verklaring deur die weermag en die Shin Bet-veiligheidsagentskap is die liggame tydens ‘n oornagoperasie in die Khan Yunis-gebied in die suidelike Gazastrook herwin.