LPM herdenk nie volksmoord, net AfrikadagMay 27, 2025
Die Landless Peoples Movement gaan op 28 Mei as ‘n party Afrikadag vier in Gibeon. Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi gaan ‘n toespraak hou oor reparasie vir koloniale vergrype. Ironies word die Nama en Herero-volksmoord op 28 Mei herdenk, maar die LPM ondersteun dit nie want dit is nie die datum wat die twee gemeenskappe wou gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se menseregteleier Joyce Muzengua gepraat.