Sonop Boerevereniging NLU se bobaasbraaiersMay 25, 2025
Op Gobabis is die Sonop Boerevereniging Saterdag as vanjaar se NLU Agribraai-kampioene gekroon. Dit beteken die Agribraai vind volgende jaar weer in die Ooste plaas. Twaalf boereverenigings en sewe sosiale spanne het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem. Die fokus van die naweek is om jong boere te ondersteun en te inspireer.