Word ‘n stamselskenker en red lewens!May 23, 2025
Die registrasieveldtog vir stamselskenkers duur vandag voort by die Independence Plaza in die middestad van Windhoek. Vrywilligers kan van 08:00 tot 13:00 by La Vie Café registreer. Die veldtog word deur Luminous Expeditions gedryf, in samewerking met die Kankervereniging van Namibië en die Namibiese Onkologiesentrum. Namibië het tans 800 geregistreerde stamselskenkers.