Geen borg vir toeris wat San-kinders na bewering betasMay 21, 2025
Die Britse toeris wat na bewering San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, is borgtog geweier in die Grootfontein landdroshof. Die 65-jarige Brooks Roberts staar 38 aanklagte in die gesig. Die Namibiese nuusagentskap Nampa berig Roberts is Sondag gearresteer nadat hy San-kinders gevra het om hulle klere uit te trek in ruil vir geld en lekkers. Hy het 16 tiener meisies betas en 14 tiener- en drie klein seuns ook aangeraak. Hy het foto’s van die naakte kinders geneem, wat op sy kamera gevind is.