Cyril-Trump ontmoeting reeds voordelig vir Suider-AfrikaMay 21, 2025
Suider-Afrika, Namibië ingesluit, se oë is vandag op die Withuis, waar Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en Amerikaanse president Donald Trump sal ontmoet. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die samesprekings plaas Suider-Afrika as ontwikkelingstreek weer op die internasionale toneel. Dit sal positief vir die streek wees as die twee presidente sekere handelsooreenkomste kan bereik.
Hy sê daar was reeds ‘n positiewe ontwikkeling vir die streek.