Vrugte, koffie en tee styg die meesteMay 13, 2025
Inflasie is op 3,6 persent vir April aangeteken, effe af van die 4,2 persent wat in Maart aangeteken is. Die styging in voedselpryse is ook bekend gemaak. Vergeleke met verlede jaar die tyd is vrugte 16,9 persent duurder en koffie en tee is op met 8,4 persent. Vleis jaag jou 7,1 persent meer uit die sak en groente, 6,9 persent. Vis is 6,8 persent duurder en olies en vette, 6,7 persent. Jy betaal nou 5,2 persent meer vir brood en grane en 4 persent meer vir suiker en verwante produkte. Die prys van suiwel en eiers het met 0,4 persent gekrimp.