Groot hoeveelhede water onttrek uit Suide-dammeMay 13, 2025
Waterbronne in die sentrale gebied is tans op 85,5 persent met Swakoppoort wat 98,3 persent vol is, Von Bach wat 81,8 persent het en Omatako op 70,8 persent. In die Suide is bronne op 92,9 persent. Hardap is tans op 75,4 persent en NamWater sê amper 2 miljoen kubieke meter water is in ‘n week onttrek. Neckartal is 99,9 persent vol en net meer as ‘n miljoen kubiek is uitgepomp die afgelope week. Naute is op 101,7 persent met 707 000 kubiek onttrek, en Oanob is op 76,1 persent. Otjivero in die Ooste is 47,8 persent vol en die slikdam het 24,2 persent water. Die Tilda en Daan Viljoendamme is onderskeidelik 17,7 en 58,3 persent vol.