BoN se leenstrategie bekend gestelMay 9, 2025

Die sentrale bank van Namibië het hulle leenstrategie vrygestel. Namibië se leningsvereistes staan op 29,8 miljard Namibiese dollar. Die begrotingstekorte sal volgens verwagtinge vergroot na 12,8 miljard dollar na ‘n verwagte 9,8 miljard dollar in die 2024/25 begrotingsjaar. Volgens ‘n Cirrus verslag sal plaaslike en internasionale skuld ‘n las op die fiskus wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Pandu Shaduka gepraat wat ‘n oorsig gee oor die regering se Eurobond.