Mosiehof: Banke bring amper helfte van die sake op die rolMay 9, 2025

Regters Orben Sibeya en Gerson Narib het vanoggend 94 aansoeke vir verstekvonnisse, met nege op die reël 109-rol, hanteer. Banke het 44 van die aansoeke gebring en eis 23 onbetaalde eiendomslenings terug ter waarde van 24,7 miljoen dollar. Daar is ook 21 onbetaalde lenings met ‘n skuldlas van 8,5 miljoen dollar. Maandag se onverdedigde egskeidings is ‘n bielie van ‘n sessie met 70 sake wat voor regter Thomas Masuku is.