Gesondheid het net genoeg geld om 434 poste uit 11 742 te vul May 7, 2025
Die gesondheidsminister Esperance Luvindao sê slegs 434 vakante poste van die meer as 11 700 wat vroeër vanjaar oor ses jaar goedgekeur is, sal gevul kan word. Sy sê die rede daarvoor is omdat dit 4,5 miljard Namibiese dollar sal kos om die totale aanstellings te doen. As gevolg van beperkte fondse sal die regering egter slegs 434 van hierdie poste in die huidige boekjaar kan vul teen ‘n geraamde koste van 150 miljoen dollar uit die ministerie se totale 536 miljoen dollar se toewysing vir menslike hulpbronne.