Sluikhandel kos SA R30 miljard May 7, 2025
Die Transnational Alliance to Combat Illicit Trade, Tracit, sê sluikhandel hou ‘n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrika se ekonomiese bestendigheid, regering en internasionale posisie. Luidens die jongste verslag verloor die land jaarliks nagenoeg 30 miljard Suid-Afrikaanse rand aan belasting weens die smokkel van sigarette en alkohol. Suid-Afrika is 60ste op ‘n lys van 158 lande waar die opname gedoen is. Tracit sê Suid-Afrika is steeds op die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys, wat die volgehoue tekortkominge beklemtoon om ‘n raamwerk teen geldwassery en die finansiering van terrorisme te skep.