Basters herdenk Sam KhubisMay 7, 2025

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap ‘n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die organiseerders van die geleentheid wat môre voortduur, gepraat. Die visepresident, Lucia Witbooi word ook by môre se vieringe verwag.

Die visepresident, Lucia Witbooi word ook by môre se vieringe verwag.