Nog drie op Keetmans vas oor Namdia-roofMay 7, 2025

Die polisie se adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan Kosmos 94.1 Nuus die arrestasie op Keetmanshoop van drie verdagtes in verband met die Namdia-rooftog bevestig. George Cloete, sy vrou Charmaine en sy broer Bino het verskyn en die saak is tot 7 Augustus uitgestel. Die rooftog, wat in Januarie plaasgevind het, het die diefstal van diamante ter waarde van ongeveer 350 miljoen Namibiese dollar behels en die lewens van Namdia se sekuriteitshoof Francis Eiseb en een van die verdagtes, Max Endjala, geëis.