Nog jagluiperdwelpies in Indië gebore May 6, 2025
Vir die eerste keer is vyf jagluiperdwelpies by Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh, Indië, gebore aan ouers van verskillende bevolkingsgroepe, Namibië en Suid-Afrika. Parkdirekteur Uttam Kumar Sharma het bevestig dat die Namibiese pa, Gaurav, en Suid-Afrikaanse ma, Nirva, die welpies Sondag verwelkom het. Dit bring die aantal welpies by Kuno op 19 te staan, wat dui op die jagluiperds se suksesvolle aanpassing. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund gesels.