Massas water in SA na Benede-Oranje vrygestelApril 30, 2025
Watervlakke in die belangrikste damme in Suid-Afrika is tans hoog. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Vaaldam is tans op 119,2 persent, met 10 sluise oop en ‘n uitvloei van 1,771 m³/s. Bloemhofdam is op 117,2 persent met ‘n hoër vrystelling van ongeveer 3,601 m³/s. Beide die Gariep- en VanderKloofdamme loop oor, met ooreenstemmende uitvloei van 1,508.9 m³/s en 1,276.4 m³/s. Daar word verwag dat die vloei in die Benede-Oranje in die komende weke hoog sal bly met meer water op pad. Vlakke by Blouputs is op 2,92 meter teenoor 0,62 verlede jaar. Sendelingsdrif het 2,66 meter aangeteken.