Met nuwe borg word die Eagles die FNB EaglesApril 30, 2025
In ‘n mylpaal vir Namibiese sport het FNB Namibia sy naamborgskap van die nasionale manskrieketspan, nou amptelik bekend as die FNB Eagles, aangekondig. Volgens Nangula Kauluma, uitvoerende hoof van FNB Kleinhandel kom die vennotskap op ‘n deurslaggewende tyd vir Krieket Namibië, aangesien die span sy visier op sleutel internasionale doelwitte stel. Kauluma sê dit is meer as ‘n tradisionele borgskap, dit is ‘n belegging in ekonomiese ontwikkeling en nasiebou.