18de Kreeffees skop af op LüderitzApril 29, 2025

Die 18de Lüderitz Kreeffees begin vandag en duur tot 5 Mei. Hierdie jaarlikse viering stel Namibië se gesogte kreef ten toon, tesame met ‘n rits geleenthede, insluitend seekosfeeste, kulturele optredes, motorsport en die gewilde Mej. Kreef-skoonheidskompetisie. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz gepraat …