Olie- en gasbedryf: Korrupsie sal nie geduld word nieApril 23, 2025

Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van ‘n omgewing waar Namibiese talent kan floreer.

Goeie, etiese en deursigtige bestuur is van kardinale belang.