Von Bach-Windhoek pyplyn: Herstel sal 24 uur duurApril 23, 2025

NamWater sê die herstel van sy pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad sal moontlik 24 uur neem om te herstel. Maar, dit is na gelang van toestande op die grond wat nog bepaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig die pyp, wat op die hoofoordragstelsel tussen Von Bach Booster 2 en die Windhoek-reservoir, weer naby Elisenheim gebreek het. Dit is ‘n groot onderbreking wat die grootmaat watertoevoer na die Stad Windhoek en ander aanlyn kliënte wat direk water van die lyn ontvang, onderbreek. Inwoners wat water van die Stad ontvang sal nie deur die onderbreking geraak word nie maar moet water spaarsamig gebruik.