Oshikoto-skole sukkel met water, krag, leertoerustingApril 23, 2025
Die onderwysministerie se uitdagings met dienste by skole duur voort. Die plaaslike nuusagentskap, Nampa, berig dat daar 26 skole in die Oshikoto-streek is wat geen water het nie en staatmaak op aflewerings deur NamWater en die streeksdirektoraat – wat nie altyd op tyd lewering doen nie. Daar is ook 13 skole wat geen elektrisiteit het nie. Volgens die adjunk-direkteur van programme en gehalte in die ministerie, Thomas Kalimbo, wek ‘n tekort aan skryfbehoeftes, handboeke en laboratoriumtoerusting ook kommer oor leerstandaarde.