RFK weerlê CDC se bevindinge oor outisme April 17, 2025
Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer het ‘n verslag oor outisme in die land bekendgestel. Volgens die syfers het outisme in die land in 2022 gestyg na 1 uit 31, op van 1 uit 36 in 2020. Die sentrum sê die styging kan toegeskryf word beter toetse en meer bewustheid maar, die land se gesondheidsminister, Robert Kennedy Jr stem nie saam nie. Hy sê dis omgewingsaangedrewe.