Ohangwena steier onder efundja April 17, 2025
Die efundja veroorsaak chaos met onderwys in die Ohangwena-streek met skole sowel as huise en besighede wat oorstroom is. Maar onderrig moet voortgaan en die voorsitter van die streeksraad Erickson Ndawanifa sê aan plaaslike media dat kampplekke oorweeg word vir senior leerders maar, dat matrasse en kos nodig is. Die raad benodig ook 20 mobiele toilette, 25 000 muskietnette en vir die publiek, kos vir 2 000 mense en 1 000 matrasse. Meer as 150 families is ontruim en hervestig in ses tydelike kampe.