KZN berei voor vir reën en sneeuApril 16, 2025
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê spanne is op ‘n gereedheidsgrondslag terwyl reën en sneeu in die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ‘n kouefront vir die provinsie wat temperature sal laat daal, en swaar reën en moontlik sneeu tot gevolg sal hê. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê hoewel die weerdiens nie sê die provinsie gaan in sneeu getooi wees nie, moet motoriste die weervoorspellings monitor en versigtig wees: