Bangladesj teken daling in Amerikaanse bestellings aanApril 8, 2025

Amerikaanse kopers het begin om bestellings vanuit Bangladesj, die wêreld se tweede grootste vervaardiger van kledingstukke, te stop. Dit volg ná swaar Amerikaanse tariewe wat die regering in Dhaka gedwing het om te pleit vir die opskorting van die heffings vir drie maande. Tekstiel- en kledingstukproduksie verteenwoordig ongeveer 80-persent van die uitvoere in Bangladesj en die bedryf probeer herstel ná ‘n studente-revolusie die regering verlede jaar omvergewerp het. Die Amerikaanse president Donald Trump het toegeslaan op Bangladesj en tariewe op katoenproduksie van 16-persent tot 37-persent verhoog.