Afrikaner-wet in Amerika ter tafel gelêApril 5, 2025
Die Amerikaanse kongreslid Troy Nehls het die Afrikaner-wet bekendgestel wat Prioriteit-2-vlugtelingstatus aan Suid-Afrikaanse Afrikaners toestaan. Die wetsontwerp sluit eggenote, kinders en ouers in. Dit volg nadat president Donald Trump die Onteieningswet, wat onteiening sonder vergoeding toelaat, gekritiseer en as ʼn menseregteskending beskryf het. Nehls sê sy wetsontwerp bied Afrikaners ʼn weg na veiligheid van regeringsgesteunde rassediskriminasie.