Mianmar: Dodetal styg verby 1 000March 29, 2025
Die dodetal het tot meer as 1 000 in Mianmar gestyg met nog duisende wat beseer is ná die aardbewing met ‘n meting van 7,7, wat ook in aangrensende lande gevoel is. Die meeste sterftes was in Mandalay – die tweede grootste stad in Mianmar en die gebied naaste aan die skudding se episentrum. Reddingsoperasies word ook in die naburige Bangkok, Thailand, voortgesit waar ‘n halfvoltooide wolkekrabber ineengestort het. Ses konstruksiewerkers se liggame is gevind, maar daar word na nóg meer as 100 gesoek.