Ruacana vloei teen amper 1 000 kubiek per sekondeMarch 28, 2025

Ruacana dreun met die Kunene se vloei wat op ‘n reuse 1 092,7 kubieke meter water per sekonde aangeteken is. Dit teenoor 361 wat verlede jaar aangeteken is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê verder die vloei van die Zambezi by Katima Mulilo tel ook op, tans op 4,46 meter teenoor 1,31 verlede jaar. Die Okavango by Rundu is tans op amper 6 meter. Blouputs in die benede Oranje is op 0,77 meter gemeet en Sendelingsdrif op 1,04. Die diens monitor die iishanas in die noorde noukeurig.