Vrae duur voort oor Air Namibia se herlewingMarch 26, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah se planne om Air Namibia te laat herleef is aan die gang, volgens vervoerminister Veikko Nekundi. Dit is vandag presies vyf jaar sedert die lugredery gelikwideer is en lughawens gaan opgeknap word met die oog op die nasionale redery se terugkeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die analis Rui Tyitende oor of dit ‘n lewensvatbare idee is.