United Airlines vlug na China draai terug, loods het sy paspoort vergeetMarch 26, 2025

Passasiers op pad na China aan boord van ‘n United Airlines-vlug moes onverwags na die VSA terugkeer nadat die vlieënier sy paspoort by die huis vergeet het. Die vlug van Los Angeles na Shanghai was Saterdagmiddag reeds oor die Stille Oseaan toe dit moes terugdraai Amerika toe. Die Boeing 787 met 270 mense aan boord het in San Francisco geland waar ‘n ander span oorgeneem het. Danksy die vergete paspoort het passasiers ses uur later as beplan in China aangekom.