Trump en kie draai visier op joernalis March 26, 2025
President Donald Trump en sy senior amptenare hou voet by stuk geen geklassifiseerde inligting is op die sekuriteits- en verdedigings apparatus se geselsgroepie gedeel nie. Dit kom na die redakteur van die Atlantic Magazine Jeffrey Goldberg per ongeluk deur die land se sekuriteitsadviseur Mike Waltz op die groep bygevoeg is en aanvalsplanne in Jemen, wat twee ure later presies so plaasgevind het, gedeel is. Trump sê sy amptenare is onskuldig en Goldberg is ‘n ‘sleazebag’. Waltz beledig hom ook.