Groenland: Trump sê dis nie of nie, dis wanneerMarch 25, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump, het weer sy doelwit om Groenland te annekseer herhaal, en die kwessie opgestel as ‘n vraag, nie van of nie, maar wanneer. Daar is belangrike kommersiële belange in die land en Trump maak ook melding van sekuriteitskwessies. Sy aanmerkings kom na kritiek deur die land se leiers na hooggeplaastes van die VSA Groenland besoek het. Trump se adjunk, JD Vance sê Denemarke misluk in sy bestuur van die land.
Die regering in Groenland het ‘n referendum gehou en 85 persent van die land se burgers is gekant teen Amerikaanse beheer.