F1: Ferarri aanvaar diskwalifiseringMarch 25, 2025
Ferrari se Formule Een-span sê daar was geen bedoeling om enige voordeel te behaal nadat albei sy bestuurders gediskwalifiseer is na Sondag se Chinese Grand Prix in Shanghai nie. Charles Leclerc was vyfde en Lewis Hamilton sesde, maar albei is daarna ingelig dat tegniese oortredings hul uitslae nietig gemaak het. Die span sê Leclerc se motor was net ‘n kilogram ondergewig omdat hul een-stop-strategie beteken het sy bandverbruik was baie hoog, terwyl Hamilton se agterste plaat wat aan die rand van die drukvlerk kom, vervang is. Oscar Piastri van McLaren het gewen.