Skaf rassewette af, of apartheid-era wet weer inMarch 25, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Parlement om ‘n wetsontwerp te aanvaar waarvolgens rassewette afgeskaf word, of die apartheid-era se Wet op Bevolkingsregistrasie weer in te stel. Die Instituut het alreeds begin om steun te werf by lede van die Parlement en ‘n openbare petisie ter ondersteuning van die wetsontwerp van stapel gestuur. Hermann Pretorius van die instituut voer aan dat, ten spyte van die herroeping van die wet in 1991, rasgebaseerde wette steeds voortbestaan, wat onsekerheid en diskriminasie veroorsaak. Pretorius meen die Parlement moet besluit of hy rasseklassifikasie wil toelaat gelykheid wil voorstaan.