Blatter en Platini se verhoor begin vandag March 25, 2025
Die gewese president van die wêreldbeheerligggam Fifa, Sepp Blatter, en die bekende voormalige Franse speler Michel Platini staan van vandag in Switserland tereg in ‘n korrupsie-saak. Die 89-jarige Blatter word daarvan aangekla dat hy in 2011 41 miljoen Namibiese dollar uit Fifa se geldkoffers aan die 69-jarige Platini betaal het. Dis as ‘n konsultasiefooi beskryf. ‘n Laerhof in Switserland het die twee in 2022 onskuldig bevind, maar aanklaers het appelleer, wat gelei het tot die nuwe verhoor. Fifa het albei in 2015 geskors, wat Platini se droom beëindig het om Blatter op te volg as president.