Reën duur voort die week March 25, 2025
Volgens die jongste weervoorspelling kan matige donderstorms oor die Kunene- en Erongo-streke verwag word in die volgende paar dae. Die binneland sal deels bewolk en warm wees in die noordooste, met geïsoleerde donderstorms in sommige gebiede, terwyl die kus gedeeltelik bewolk en warm is. Kosmos 94.1 Nuus het gesel met Vilho Ndeunyema van die Namibiese Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.