Iran sal met VSA praat, maar nie direk nie March 25, 2025
Iran sê hulle is gereed om indirekte gesprekke met Amerika te voer, nadat president Donald Trump aangedring het op onderhandelings vir ‘n nuwe kernverdrag. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het die moontlikheid van direkte gesprekke verwerp solank as wat Trump hou by sy beleid van “maksimum druk”. Dit was gedurende sy eerste termyn as president wat Trump met daardie beleid in 2018 die Verenigde State uit ‘n belangrike ooreenkoms onttrek het en bestraffende sanksies teen Iran ingestel het.