Trump skop halfmiljoen migrante uitMarch 22, 2025

Die Trump-administrasie gaan die tydelike wetlike status van meer as ‘n halfmiljoen migrante van Kuba, Haïti, Nicaragua en Venezuela herroep. Dié migrante is gewaarsku om die land te verlaat voordat hul permitte op 24 April gekanselleer word. Die 530 000 migrante is na die VSA gebring ingevolge ‘n inisiatief tydens die Biden-era. President Donald Trump het dit opgeskort toe hy aan bewind gekom het. Trump oorweeg dit ook om die tydelike wetlike status van sowat 240 000 Oekraïners te kanselleer wat na Amerika gevlug het tydens die oorlog met Rusland.