Stygende voedselpryse beperk inflasie inkrimpingJune 16, 2025
Hooflyninflasie in Mei was 3,5 persent, effe laer as die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Voedselpryse styg steeds, met vrugte wat op ‘n jaargrondslag 15,5 persent duurder was, olie en vette en vis 9,1 persent duurder, terwyl vleis jou 8,8 persent meer uit die sak gejaag het. Jou koppie koffie of tee het 8,6 persent meer gekos. Die FNB ekonoom Helena Mboti het meer oor die inflasiesyfers.