Brittanje se superspioen oorledeMarch 22, 2025

‘n Man wat beskryf word as Brittanje se waardevolste spioen binne Russiese intelligensie-agentskappe is in Surrey oorlede op 86. Oleg Gordievsky was ‘n kolonel in die KGB toe hy inligting deurgegee het aan Brittanje se sekerheids- en intelligensie-agentskappe, MI-5 en MI-6. Hy was onder polisiebeskerming nadat Moskou in 1985 agterdogtig geraak het, maar is na Finland gesmokkel voordat hy in hegtenis geneem kon word. Koningin Elizabeth het Gordievsky in 2007 vereer met die toekenning van Companion of the Most Distinguished Order of St Michael and St George.