Inswering van president skuif na StaatshuisMarch 21, 2025

Die pesidensie het gisteraand aangekondig dat die onafhanklikheidsviering en inswering van die land se vyfde president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, nie meer by die Onafhanklikheidstadion sal plaasvind nie. Dit is weens swaar reën wat vir Windhoek voorspel word. ‘n Kleiner insweringseremonie sal nou by Staatshuis gehou word, maar ‘n finale program is nog nie bekendgemaak nie. Intussen was alle tente vir die geleentheid reeds Donderdag by die stadion opgeslaan en stoele vir gaste het reggestaan.