Swaar donderstorms vir Khomas voorspel, skole aan kus gesluitMarch 20, 2025

Die Namibië Meteorologiese Diens het ‘n weerwaarskuwing uitgereik tot 21 Maart. Die diens voorspel matige tot swaar donderstorms in verskillende streke, insluitend Khomas, met gelokaliseerde kitsvloede wat beduidende gevolge kan hê. Die Stad Windhoek sê ‘n multidissiplinêre span is gereed om indien nodig, kwesbare gemeenskappe na veiliger gebiede te neem. Die Stad vra dat inwoners nie tydens swaar reënval strate wat seisoenale riviere kruis gebruik nie, veral in hoë risiko-gebiede soos Khomasdal, Katutura, Hochland Park, Klein Windhoek en Olympia. Skole op Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai is ook vandag gesluit na fratsreën aan die kus oorstromings veroorsaak het.