NWR het steeds nie brandstof nieMarch 20, 2025

Toeriste het verlede week gekla oor ‘n gebrek aan brandstof in die Etosha Nasionale Park. Namibia Wildlife Resorts het ‘n verklaring uitgereik oor al die geraakte toeriste-gebiede waar daar ook nie brandstof beskikbaar was nie, soos Ai-Ais en Terracebaai. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder, vir ‘n opdatering.