Groenland sê Trump kan gaan doppies blaasMarch 15, 2025
Die leiers van al Groenland se politieke partye het Vrydag gesamentlik president Donald Trump se voorneme veroordeel om die Deense selfregerende gebied oor te neem. “Ons – al die partyleiers – kan nie die herhaalde uitsprake oor anneksasie en beheer van Groenland nie aanvaar nie. Vir ons as partyleiers is hierdie gedrag onaanvaarbaar,” het die leiers van Groenland se vyf partye in die parlement in ‘n gesamentlike verklaring op Facebook gesê.