Bergfiets: 600 spanne trap in Cape EpicMarch 15, 2025
Keegan Swenson van Amerika word beskou as die waarskynlike wenner van die uitmergelende bergfietswedren wat môre in die Kaapse Wynland begin. Keegan het vantevore die kompetisie voltooi, maar dit was ‘n paar jaar gelede, en vanjaar is sy spanmaat Matt Beers, wat ook al die wedren in die verlede gewen het. Die ryers neem deel in spanne van twee. In vanjaar se Cape Epic sal 600 spanne die 603 kilometers oor agt dae aandurf.