Hoe wil Itula sy agenda dryf sonder ‘n setel?March 14, 2025
Panduleni Itula, president van die inkomende amptelike opposisie IPC, het gesê hy gaan nie na die parlement nie, omdat hy nie belangstel om ‘n salaris as opposisie-leier te trek nie en sal eerder verteenwoordigers gebruik. Hy het aan The Namibian gesê hy stel meer daarin belang om jongmense in sy party te bemagtig deur hulle parlement toe te stuur. Kosmos 94.1 Nuus het die bekende Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, gevra of dit kiesers se vertroue in die IPC se leierskap en strategie sal beïnvloed.
Melber voeg by dat dit nie is hoe politieke strategie werk nie.