Kenner reageer op S&T-verhogings March 14, 2025

Die verhogings in S&T vir staatsamptenare maak steeds opslae. Senior regeringsamptenare sal tot 2 500 dollar daagliks ontvang wanneer hulle reis, ten spyte daarvan dat alle etes, akkommodasie en vervoer gedek word. Die arbeidskenner Herbert Jauch het die S&T-verhogings gekritiseer en gesê dit moenie ‘n tweede inkomste word nie. Kosmos 94.1 het met Jauch gesels, wat meer verduidelik.