Kabinet steun R1 000 miljard vir infrastruktuurMarch 13, 2025
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet verwelkom die toewysing van meer as een-duisend-miljard-rand vir infrastruktuurontwikkeling om ekonomiese groei aan te wakker en om dienslewering te verbeter. By ‘n mediakonferensie oor die uitkoms van die kabinetsvergadering, het Ntshavheni gesê die befondsing, versprei oor die mediumtermyn bestedingsraamwerk, sluit nuwe finansieringsmetodes en geleenthede vir vinniger projek-implimentasie in.