Ramaphosa vry na TrumpMarch 11, 2025
President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep vir ‘n voortgesette vennootskap met Amerika wat op onderlinge voordele fokus. Hy het tydens vraetyd in die Nasionale Vergadering die belangrikheid van die Wet op Afrika Groei- en Geleenthede benadruk en gesê Suid-Afrika stel sy handelsverhouding met Amerika hoog op prys, veral wat betref noodsaaklike minerale. Ramaphosa het die hoop uitgespreek vir gebalanseerde samewerking wat ekonomiese groei en werkskepping vir albei nasies in die toekoms steun: