SBN-wins bars deur N$1 miljard-kerfMarch 11, 2025

Plaaslik genoteerde SBN Holdings se wins het vir die eerste keer deur die kerf van een miljard Namibiese dollar gebars. Dié groep, moedermaatskappy van onder andere Standard Bank Namibia, het ‘n wins na belasting van 1,053 miljard dollar vir die jaar geëindig 31 Desember 2024 getoon. Dit is beduidend meer as die 770 miljoen dollar in die 2023-boekjaar. Arlington Matenda, die uitvoerende finansiële hoof van SBN Holdings, het met die media oor die groep se vertoning gepraat: